Die inperking en Covid-19-pandemie het die lewe vir ons almal moeilik gemaak, maar dit was ekstra uitdagend vir diegene wat hulle graag op die verhoog uitlewe.
Só sê Karli Marais, ’n oudleerling van die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp wat matriek met drie onderskeidings, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering en wiskundige geletterdheid, geslaag het.
“Ek het in my hoërskooljare aan alles van toneel en koor tot spreekkoor, redenaars en netbal deelgeneem. Verlede jaar het ek besluit om net op toneel en akademie te fokus.