Die MacGregor-tweeling van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria het saam 16 onderskeidings in die nasionale seniorsertifikaateksamen van 2020 behaal.
Xander en Michelle (19) studeer al van kleintyd af saam.
“Ons sal vir mekaar vrae vra om te kyk of die ander een die werk ken. Dit was nou heel moontlik die laaste keer wat ons saam studeer het, want ons albei gaan verskillende rigtings nastreef,” sê Xander.