Nege uit nege.
Marc van der Nest, een van ’n tweeling, wou onderskeiding in elk van sy nege matriekvakke behaal, en het dit toe gedoen.
Die 19-jarige, wat einde verlede jaar matriek aan die St Andrew-skool in Bloemfontein geskryf het, spog met onderskeidings in gevorderde wiskunde, wiskunde, Afrikaans eerste addisionele taal, Engels as huistaal, rekenaartegnologie, lewensoriëntering, lewenswetenskappe, fisiese wetenskap en rekeningkunde.