Toe Christi Dempers klein was, het ’n meisie wat tien A’s behaal het, gepronk op die boks van haar ontbytpap – waar mense verskyn het wat cool dinge gedoen het. Toe reeds het sy vir haar ma gesê, sy wil dít doen – tien A’s behaal.
So sê die 18-jarige Christi, oudleerling van die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein wat een van die slimste Vrystaatse matriekklasse van 2020 opgelewer het. Met ’n slaagsyfer van 85,1% is die provinsie ook weer as die beste in die land aangewys.
Volgens die amptelike uitslae het Christi met haar nege onderskeidings die meeste in die provinsie.