Sy was ietwat angstig oor die uitslae, want dit voel asof sy lank gelede eksamen geskryf het.
Só sê Jacolette Wessels van die Eunice High School for Girls in Bloemfontein, wat met agt onderskeidings kan spog.
“Ek kan nie eens meer onthou of die eksamen maklik of moeilik was nie. Maar ek kan nie langer vir die uitslae wag nie. As ek vyf A’s behaal, sal ek tevrede wees, maar meer onderskeidings is altyd welkom,” het die toekomstige nywerheidsingenieur gesê terwyl sy op haar uitslae gewag het.