Kuier Rapport Matriekklas: Wiskundige geletterdheid 2021

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Kuier en die Rapport Onderwysfonds (ROF) in samewerking met Netwerk24 en kykNET het kragte saamgespan om ervare onderwysers in te span om videoklasse in Afrikaans vir die Matriekklas van 2021 aan te bied.

Die Kuier Rapport Matriekklas 2021 is in volle swa
Die Kuier Rapport Matriekklas 2021 is in volle swang

Wat is die Kuier Rapport Matriekklas 2021? Die Kuier Rapport Matriekklas 2021 vervang Kuier se jaarlikse Winterskool-projek en is vanjaar heeltemal digitaal in die vorm van videoklasse. Dit word in Afrikaans aangebied. Kuier en die Rapport Onderwysfonds (ROF) in samewerking met Netwerk24 en kykNET het kragte saamgespan om ervare onderwysers in te span om vir julle videoklasse in Afrikaans aan te bied. Hierdie klasse is daarop gemik om matrikulante so goed moontlik voor te berei vir die eindeksamen en om onderwerpe te behandel wat moontlik in die eindvraestel gedek gaan word. 

Watter vakke word gedek? 

Die videoklasse gaan beskikbaar wees op Netwerk24 se #MySkool-blad vanaf 16 September tot 7 Desember 2021. Julle as matrikulante sal dus soveel kere as wat julle wil na die lesse kan kyk. 

Die vakke wat vanjaar (2021) gedek word, is: 

  • Afrikaans Huistaal 
  • Afrikaans Eerste Addisionele Taal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Wiskunde 
  • Wiskundige geletterdheid 
  • Fisiese wetenskap
  • Lewenswetenskappe 
  • Besigheidstudies 
  • Rekeningkunde
  • Ekonomie 
  • EN Skryflesse!

LEES OOK:

KYK: Ontmoet die onderwysers! 

Kuier en Rapport help weer matriek

Hulplyn
Behalwe die videoklasse gaan matrikulante gaan ook toegang hê tot ’n tolvrye hulplyn (080 111 22 34) waar onnies reg staan om te help as jy vrae het oor die vakke hierbo. En as die stres bietjie erg raak, kan matrieks én ouers hierdie hulplyn skakel vir sielkundige hulp. Maar onthou die sielkundige bystand is net beperk tot matrieks en hul skoolwerk; niks anders nie. So, vertel al jul matriekvriende en ja, selfs jul onnies, om in te skakel. Want sáám kan julle die wa deur die drif trek en ons staan bankvas agter élke matrikulant! 


  • Vir enige verdere navrae, stuur ’n e-pos na matriekklas@kuier.co.za

LESSE: Wiskundige geletterdheid 2021

Dié klasse word aangebied deur Monique Collins (47) van die Tegniese Hoërskool Kuilsrivier en Carmelita Titus (52) van Hoërskool Bernadino Heights in Kraaifontein. Monique is al vir die afgelope 25 jaar ’n onderwyser en Carmelita vier vanjaar haar dertigste jaar in die onderwys. As daar een ding is waaroor dié kollegas saamstem, is dit dat leerders vraestelle met begrip moet lees.

NOTAS

Klik hier en laai af: Les 1 - 3 

Klik hier en laai af: Les 4 - 7


Les 1

Les 2

Les 3 

Les 4 

Les 5 

Les 6 

Les 7 

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.27
-1.9%
Rand - Pond
21.71
-0.0%
Rand - Euro
18.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Goud
1,792.60
0.0%
Silwer
23.13
0.0%
Palladium
1,751.49
0.0%
Platinum
955.50
0.0%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,411
-2.6%
Alle aandele
68,615
-2.8%
Hulpbronne 10
64,074
-2.5%
Industriële 25
92,909
-1.3%
Finansiële 15
12,995
-6.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos