Dit was nie sy tyd van 9.98 sekondes nie in die uitdunne en die 9.92 in die halfeindronde wat hom uitgeput en gekeer het dat hy in die eindronde ook vinniger as 10 sekondes kon hardloop.
Dit was eerder ’n tegniese fout aan sy kant vroeg in die wedloop, ’n wind van voor en die ietwat koeler omstandighede wat die skuld daarvoor moet kry.
Dit was die reaksie van die Olimpiese naelloper Akani Simbine, wat laat Donderdagmiddag in Potchefstroom sy vyfde Suid-Afrikaanse titel in die 100 meter vir mans op die Suid-Afrikaanse senior atletiekkampioenskappe verower het.