Wayde van Niekerk het nog nie ’n enkele wedloop in 2022 voltooi nie, maar is Donderdag in Atletiek Suid-Afrika (ASA) se voorlopige groep ingesluit vir die Wêreldkampioenskappe wat volgende maand in Eugene, Oregon, gehou word.
’n Groep van 20 atlete, waaronder 13 mans en sewe vroue, is in die voorlopige span vir die byeenkoms wat van 15 tot 24 Julie gehou word.
Van Niekerk se insluiting mag vir sommiges as ietwat van ’n verrassing kom.