Caster Semenya het Wêreldatletiek weer aangevat in ’n twiet.
Semenya, wat verlede Woensdag die 3 000 m op ASA se byeenkoms in Kaapstad in minder as 9 minute afgelê het, het getwiet: “So volgens Wêreldatletiek en sy lede is ek ’n man wanneer dit by 400 m, 800 m, 1 500 m en 1 600 m kom! Dan is ek ’n vrou in 100 m, 200 m en langafstand-items (met vier emoji’s daarby).”
Sy gaan verder: “Wat ’n navorsing. Watter tipe gek sal dit doen?” Sy het die twiet afgesluit met ’n paar woorde in Sepedi. Die twiet is uit die bloute, want ná haar Kaapstad-sege het sy gesê haar medaljerak en trofeekas is bevestiging is dat sy een van die beste 800-atlete nog is. – Sportredaksie