Caster Semenya reken haar medaljerak en trofeekas is al bevestiging wat sy nodig het dat sy een van die 800 m se beste atlete tot nog toe is, selfs al word sy tans verbied om haar slag in dié nommer te wys.
Terwyl die saak teen Wêreldatletiek se regulasies, wat Semenya daarvan weerhou om aan die 800 m en 1 500 m deel te neem, steeds in die Europese hof vir menseregte sloer, sê sy dit is die laaste plek waar haar gedagtes tans is.
“Ek is nie in dié stadium regtig gefokus daarop nie. Dit is ’n regstryd en my prokureurs is besig om daarmee te stoei. Ek verwag nie enige nuus binnekort nie,” het die 31-jarige gesê.