Tete Dijana, wat vanjaar die Comrades-marathon gewen het, het bevestig dat hy volgende jaar aan die Nedbank Runified Breaking Barriers-ultramarathon oor 50 km in Gqeberha gaan deelneem.
Dié ultramarathon, wat goue status van die Internasionale Vereniging van Ultrahardlopers en elite-status van Wêreldatletiek geniet, vind op Sondag 26 Februarie plaas.
Dit sal die derde keer wees dat die ultramarathon gehou word en in die kort tyd wat dit aangebied word, het dit al verskeie wêreldrekords opgelewer.