’n Franse hof is gevra om Lamine Diack, die voormalige hoof van atletiek se wêreldbeheerliggaam, vir minstens vier jaar tronk toe te stuur.
Diack word tans verhoor op aanklagte van korrupsie en geldwassery wat verbind word met die Russiese opkikker-skandaal wat die sportwêreld geruk het.
Arnaud de Laguiche, die aanklaer, het aan die drie regters gesê Diack en sy seun, Papa Massata Diack, was deel van die knoeiery waarin Russiese atlete miljoene euros se omkoopgeld moes betaal om die feit dat hulle hul opkikkertoetse gefaal het, toe te smeer en met hul deelname kon voortgaan.