Die voormalige hoof van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF), Lamine Diack, het die liggaam se hoof van opkikkertoetse aangeraai om die reëls rakende Russiese atlete se oortredings te buig om 'n “ skandaal” te vermy, wat tot die onttrekking van borge sou lei.
Só het die 78-jarige Gabrielle Dolle, wat tans saam met Diack in Parys verhoor word en self daarvan aangekla word dat hy tussen 2013 en 2014 €190 000 se omkoopgeld ontvang het, in die hof getuig.
Laat in 2011 en vroeg in 2012 het die IAAF, wat intussen hernoem is na Wêreldatletiek, ’n lys van 23 Russiese atlete saamgestel oor wie se toetsuitslae vir die gebruik van verbode middels daar rede tot kommer was.