Atlete van Rusland en Belarus is ’n verdere terugslag toegedien toe die organiseerders van die Diamantliga-reeks Donderdag besluit het om hulle by alle byeenkomste vir die voorsienbare toekoms te verbied.
Dit volg nadat Wêreldatletiek verlede maand besluit het dat geen atlete, ondersteunende personeel en beamptes van dié twee lande in die afsienbare toekoms by enige van Wêreldatletiek se byeenkomste toegelaat sal word nie.
“Hierdie aanbeveling volg op die besluit deur baie sportbeheerliggame en die besluit wat deur die Wêreldatletiek-raad geneem is en weerspieël die praktiese en logistieke kwessies wat byeenkomste in die gesig staar as ANA-atlete van Rusland en atlete van Belarus genooi sou word om mee te ding,” sê die Diamantliga-organiseerders luidens ’n verklaring.