Haar pa en ma was van Suid-Afrika se topatlete en nou is die 20-jarige Karmen Fouché (Sentraal-Noordwes) besig om in hul voetspore te volg.
En dit is sonder enige druk van haar ouers, pa Louis, ’n oudspiesgooier, en ma Maralize (née Visser), ’n voormalige sewekampatleet. Albei het nasionale kleure in atletiek gekry.
Fouché het op die Suid-Afrikaanse senior atletiekkampioenskapsbyeenkoms in Potchefstroom, haar tuisdorp, die silwermedalje in die verspring vir vroue verower.