Goeie dinge begin gebeur wanneer jy buite die grense van jou gemaksone tree.
Met dié stelling het die langasem Gerda Steyn aangekondig dat sy – ná ses jaar – nie in 2022 weer in die bekende groen kleredrag van die Nedbank-hardloopklub te sien sal wees nie.
Steyn het sedert haar aansluiting by die Nedbank-hardloopklub in ’n Olimpiese atleet, Comrades-ultramarathon-kampioen, tweemalige Twee Oseane-ultramarathon-kampioen en ook ’n nasionale rekordhouer in die marathon ontluik.