Ná die sukses van die Run Your City-padwedlope in 2022 sal dié reeks volgende jaar uitgebrei word.
Die 10 km-wedlope sal in 2023 ook in Gqeberha en Pretoria wees, het die borg, Absa, en die organiseerders, Stillwater Sports, Maandag aangekondig.
Die reeks sal gevolglik van drie tot vyf wedlope uitgebrei word.