Fred Kerley, silwermedaljewenner in die 100 m by verlede jaar se Olimpiese Spele in Tokio, het Donderdag die vinnigste tyd vanjaar in dié item aangeteken by die Amerikaanse kampioenskap in Eugene, Oregon.
Kerley is soos ’n koeël uit die blokke in die uitdunne en het ’n haastige 9.83 sekondes gehardloop.
Die verdedigende wêreldkampioen, Christian Coleman, wat in Januarie ’n terugkeer tot die baan gemaak het nadat hy ’n skorsing van 18 maande uitgedien het omdat hy drie opkikkertoetse in 12 maande misgeloop het, het sy 100-uitdun in 10.08 gewen, terwyl Trayvon Bromell ook baas was in syne in 10.10.