Die omstrede voormalige hoof van die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF), Lamine Diack, het Maandag in Parys opgedaag by die hof waar hy verskyn op aanklagte van korrupsie, geldwassery en vertrouensbreuk met betrekking tot die Russiese opkikkerskandaal.
Die aanklaers beskuldig Diack daarvan dat hy €3,45 miljoen (sowat R65,4 miljoen) bekom het van atlete wat vermoedelik skuldig was aan die gebruik van verbode middels.
Hy het hulle toegelaat om aan te hou om deel te neem, selfs in die 2012 Olimpiese Spele in Londen.