Suid-Afrika se eie Stephen Mokoka het Sondag in sy ultramarathon-buiging in Gqeberha die 50 km-wêreldrekord aan flarde gehardloop.
Hy was veronderstel om Saterdag oorsee aan ’n marathon deel te neem, maar nadat komplikasies sy deelname aan dié wedloop gekelder het, het hy Sondagoggend sy klas gewys en byna 2 minute van die vorige wêreldrekord gesny toe hy die wenstreep in 2 uur, 40 minute en 13 sekondes oorgesteek het in Nedbank se Runified Breaking Barriers 50 km-wedloop.
Hy het hiermee die rekord van die Ethiopiër Ketema Negasa, wat verlede jaar in dié einste wedloop ’n tyd van 2:42:08 aangeteken het, uit die rekordboeke gevee.