Daar het dadels gekom van die Nederlandse atleet Sifan Hassan se poging om die wêreldrekord in die 5 000 m vir vroue Vrydag te verbeter.
Die 28-jarige Hassan, ’n Ethiopiër van geboorte, het by die Prefontaine Classic, wat deel vorm van die Diamantliga, in Eugene, Oregon, die item gemaklik gewen in ’n tyd van 14:27.89.
Die tyd was egter nie vinnig genoeg om die wêreldrekord (14:06.62) wat die Ethiopiër Letesenbet Gidey in 2020 opgestel het te verbeter nie.