Stephen Mokoka het die reën en sopnat paaie Sondagoggend in die Moederstad getrotseer om sy tweede titel in die Kaapstad-marathon te verower.
Die Suid-Afrikaanse langasem was een van vier plaaslike atlete wat onder die voorste tien in die mans se wedloop geëindig het.
Mokoka het die wenstreep in 2 uur, 9 minute en 58 sekondes oorgesteek om te maak soos in 2018.