Die verhoor van die omstrede voormalige hoof van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF), Lamine Diack, het Maandag ná ’n lang ondersoek in Parys begin.
Diack is tussen 2015 en 2019 vir onder meer afpersing en omkopery in wêreldatletiek ondersoek.
Diack en sy seun, Papa Massata, is verlede jaar daarvan aangekla dat hulle oor ’n tydperk van jare by verskeie onwettige praktyke by internasionale atlete en hul federasies betrokke was.