’n Trotse pa het eerste geëindig in die Buffalo-marathon terwyl hy sy slapende tweejarige seuntjie in ’n kinderwaentjie oor die wenstreep stoot.
CBC berig Lucas McAneney (35), ’n inwoner van Hamilton in Ontario, Kanada, het die ganse roete met sy seuntjie in die kinderwaentjie afgelê.
“Ek het vir hom rondom die 32 km-merk, met sowat 10 km oor, gesê: ‘Sutton, ek dink jy gaan eerste klaarmaak en ek gaan tweede eindig. Steek net jou hande in die lug wanneer ons die wenstreep bereik.’ Maar hy het uiteraard net voor die eindstreep aan die slaap geraak!” het McAneney in ’n onderhoud met CTV News Toronto gesê.