Dit is geen verrassing dat Armand Duplantis nie rekord gehou het van die aantal kere wat hy die hoogte van 6,19 m al in die paalspring aangedurf het nie.
Nadat hy Maandagaand uiteindelik suksesvol was op dié nuwe wêreldrekordhoogte tydens een van Wêreldatletiek se binnenshuise byeenkomste in Belgrado, het die Sweed geskat dat hy minstens 50 probeerslae gehad het met die dwarslat op daardie hoogte.
Dit was eintlik 54, maar wie tel nou eintlik?