Die Russiese sportministerie se hoofdoelwit vir 2022 is die herinstelling van die Russiese Atletiekfederasie (Rusaf) en die Russiese agentskap teen die gebruik van verbode middels (Rusada) se internasionale lidmaatskap.
Só het Oleg Matitsin, die land se sportminister, Dinsdag tydens die ministerie se raadsvergadering gesê.
“Een van ons voorste prioriteite sluit ook wetlike ondersteuning vir ons atlete in,” het Matitsin volgens die Russiese nuusagentskap TASS gesê.