Carina Horn sak Saterdagmiddag vir die eerste keer in meer as twee jaar in die blokke in ’n internasionale wedloop wanneer sy aan die eerste Lucca-atletiekbyeenkoms in Italië deelneem.
Horn, wat verlede maand vir die vierde keer as die Suid-Afrikaanse kampioen oor 100 m gekroon is en Woensdag by die nasionale span vir die Afrika-kampioenskappe ingesluit is, sal in haar voorkeurnommer aantree.
Nadat sy in 2019 geskors is nadat sy positief getoets is vir ’n verbode middel, het Horn in April uiteindelik haar mededingende terugkeer tydens Atletiek Suid-Afrika (ASA) se Grand Prix-reeks gemaak. Sy het haar eerste wedloop in Potchefstroom in 11.50 sekondes gewen, voordat sy ’n paar dae later in Germiston in ’n tyd van 11.43 geseëvier het.