’n Bedrywige twee maande van atletiek skop Woensdag af met die Afrika-atletiekkampioenskap wat eerste aan die beurt is, voordat die Wêreldkampioenskap én Statebondspele almal binne die volgende paar weke volg.
Nie minder nie as 31 Suid-Afrikaanse atlete sal reeds op die eerste dag in aksie wees in Mauritius.
Die kontinentale kampioene in die vroue se gewigstoot, die mans se 10 000 m en hamergooi sal almal teen die einde van die middagsessie gekroon wees.