In ’n jaar waar die atletiekkalender volgepak is met groot byeenkomste, het Suid-Afrika sy diepte gewys deur sy beste vertoning sedert 1993 by die Afrika-kampioenskap te lewer.
Suid-Afrika het met 36 medaljes (nege goud, 13 silwer en 14 brons) uit Mauritius teruggekeer. Dis sy grootste medalje-oes in dié byeenkoms sedert Durban 29 jaar gelede as gasheer opgetree het.
Kenia het net-net boaan die medaljetabel geëindig nadat hy die byeenkoms met 10 goues afgesluit het, hoewel sy totale medalje-oes net 23 was.