Marione Fourie (20) sê as die weer dié naweek op die Suid-Afrikaanse senior atletiekkampioenskap in Potchefstroom saamspeel, kan die Suid-Afrikaanse rekord in die 100 m-hekkies vir vroue dalk in gevaar wees.
Fourie, een van net drie Suid-Afrikaanse vroue wat dié item al in vinniger as 13 sekondes kon aflê, spog met ’n beste tyd van 12.93, wat sy verlede jaar in Germiston gehardloop het.
Sy het in Junie verlede jaar op die Afrika-kampioenskap in Port Louis, Mauritius, die bronsmedalje verower met ’n 12.82, maar dié tyd is nie erken nie omdat dit met die hulp van ’n ontoelaatbare sterk wind van agter (meer as 2 meter per sekonde) aangeteken is.