Die Diamantliga-reeks sal in 2022 vir die 13de keer plaasvind met die wêreld se voorste atlete wat hier sake sal uitspook gedurende ’n oorweldigende atletiekseisoen.
Dié reeks sal volgende jaar in 14 stede op vier vastelande gehou word, met China wat twee keer gasheer sal speel, in Julie en Augustus.
Atlete sal deur die loop van die seisoen genoeg punte wil insamel vir ’n plek in die eindronde, waar hulle in Zürich sal meeding om die gesogte Diamant-trofee.