Die tafel is gedek vir 'n feesmaal in Julie by die Wêreldkampioenskap in Eugene in die Amerikaanse deelstaat Oregon.
Sydney McLaughlin is bekend daarvoor dat sy die byeenkomste waaraan sy deelneem versigtig kies, maar wanneer sy wel in die blokke sak, kan jy daarvan verseker wees dat iets opwindends gaan gebeur.
Dít was die afgelope naweek weer die geval toe die Amerikaner vir die derde keer in vier wedlope die wêreldrekord in die 400 m-hekkies verbeter het.