Die omstrede voormalige hoof van die Internasionale Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF), Lamine Diack, sal in die tronk doodgaan as hy tronkstraf kry.
So het die 87-jarige se prokureurs geargumenteer met Diack wat in Frankryk in die hof verskyn op aanklagte van korrupsie.
Franse finansiële aanklaers het Woensdag tronkstraf van vier jaar gevra vir Diack, wat van Senegal afkomstig is.