Dit was Sondag presies twee maande voordat die Olimpiese Spele in Tokio begin, wat beteken dat atlete se tyd min raak om die laaste slypwerk te doen en om te kwalifiseer.
Een só ’n geleentheid waarop atlete hul staal kan wys, is die tweede ronde in die Diamantliga-reeks, wat Vrydag na Doha skuif.
Tshepo Tshite (800) en Dominique Scott-Efurd (3 000) sal Suid-Afrika verteenwoordig.