Terwyl die meeste Suid-Afrikaners nog geslaap het, het Wayde van Niekerk Sondag in die vroeë oggendure (SA tyd) sy eerste wedloop van die 2022-seisoen voltooi.
Die wêreldrekordhouer oor 400 m het sy seisoen uiteindelik suksesvol begin toe hy op die Stars & Stripes Classic- Amerikaanse ligabyeenkoms in Atlanta ’n byeenkomsrekord in sy voorkeurnommer behaal het.
Van Niekerk het die 400 m-wedloop in 44.58 sekondes gewen, byna ’n sekonde vinniger as sy naaste teenstander, Rusheen McDonald van Jamaika, wat tweede was in 45.43.