Wayde van Niekerk het Saterdagmiddag gewys hy is op pad om sy beste peil te bereik toe hy die goue medalje in die 400 m op die Suid-Afrikaans senior atletiekkampioenskappe in Potchefstroom in ’n haastige 44.17 sekondes gewen het.
Dit is die wêreldrekordhouer (43.03) en voormalige Olimpiese kampioen se beste tyd sedert hy ná ’n lang afwesigheid weer begin deelneem het.
Hy kon twee jaar lank weens ’n kniebesering, wat hy in ’n vertoon-raakrugbywedstryd op Nuweland in Kaapstad opgedoen het, nie deelneem nie.