Wêreldatletiek het op ’n raadsvergandering vandeesweek die datums van verskeie groot, toekomstige byeenkomste gefinaliseer.
Een daarvan, die Wêreld-padwedloopkampioenskappe, sal boonop met splinternuwe nommers spog.
Dié byeenkoms, wat vir 30 September tot 1 Oktober 2023 in Riga, Letland, gereël is, sal die myl- én ’n 5 km-wedloop by sy program insluit.