Wêreldatletiek het aangekondig dat die sooldikte van alle spykerskoene in baan- en veldnommers vanaf 1 November 2024 tot 20 mm beperk gaan word.
Volgens die huidige maatreëls is die maksimum dikte tussen 20 tot 25 mm, afhangend van die atletieknommer, terwyl dit vir sekere padwedlope tot 40 mm beperk word.
Volgens Wêreldatletiek is daar op die sperdatum besluit om skoenvervaardigers die geleentheid te gee om betyds aanpassings te maak.