Jacob Kiplimo van Uganda het Sondag in Lissabon, Portugal, die wêreldrekord in die halfmarathon vir mans met een sekonde verbeter. Sy tyd was 57 minute en 31 sekondes.
Die wêreldkampioen in dié item het met meer as twee minute gewen en Kibiwott Kandie van Kenia se vorige rekord verbeter.
Dit is die vierde agtereenvolgende jaar wat die wêreldrekord in die mans se halfmarathon verbeter word.