Die diskwalifikasie van die Zimbabwiese marathonatleet Isaac Mpofu wat in Mei die Durban-marathon gewen het, is deur Wêreldatletiek (WA) ter syde gestel. Die marathon het ook gedien as die Suid-Afrikaanse kampioenskap.
Dit beteken dat hy volgende maand in Eugene, Oregon, aan die marathon by die Wêreldkampioenskap mag deelneem.
Hy kry egter nie die wengeld van R50 000 nie.