Die SDC-kampioenskap het Donderdag sy debuut op die plaaslike gholfkalender met ’n sterk kosmopolitiese geur gemaak toe ’n groot gros oorsese spelers die pas aangegee het in die eerste ronde.
Trouens, daar was op ’n kwaai winderige dag op die St. Francis Links-baan net een Suid-Afrikaner, die 22-jarige Kapenaar Sean Cronjé (69), onder die tien voorste spelers ná die eerste dag se spel.
Die Fransman David Ravetto was vir ’n groot deel van die dag alleen voor ná ’n indrukwekkende 67 – vyf houe beter as die baansyfer.