Die son het laat Sondagmiddag op die Waialae-buiteklub se syfer-5-18de putjie in Hawaii in sy oë geskyn en hy kon nie die vlaggie op die setperk sien nie.
Maar hy het geweet die afstand van 253 m na die blikkie sal perfek wees vir sy driehout wat hy met ’n effense links na regs kurwe slaan.
Hideki Matsuyama kon nie sien waar die bal land nie, maar uit die reaksie van die toeskouers het hy afgelei dat dit naby moet wees.