Die Pretoriase amateurgholfspeler Daniel Bennett het nie minder nie as drie Suid-Afrikaanse rekords in die slag laat bly met sy oorwinning vandeesweek in die Nomads- nasionale houespelkompetisie vir o.19’s.
Bennett, van die Silver Lakes-klub, het Woensdag op die Pecanwood-baan, op die walle van die Hartebeespoortdam, die houespeltitel met 21 houe gewen – met ’n toernooitelling wat die baansyfer met ’n aardskuddende 34 houe geklop het.
Dit verbeter ’n rekordtelling van 29 beter as die baansyfer, wat Mark McNulty 36 jaar gelede in die Royal Swazi Sun Classic opgestel het.