Suid-Afrika se voorste junior, Gabbi Venter (18), het die St. Andrews Links junior gholf-ope in Skotland gewen.
Die Bloemfonteiner, dogter van die voormalige Vrystaat-krieketspeler Kosie Venter, was op drie van die bane by die Home of Golf in aksie.
Sy het aan die einde op die geskiedkundige Old Course, waar sy vooraf geen oefenronde gespeel het nie, glorie gesmaak.