Rory McIlroy beskryf Brooks Koepka as “vals” nadat die wenner van vier majors hom by die omstrede LIV-uitnodigingsreeks aangesluit het.
Die Noord-Ierse gholf-ster het ook ’n beroep gedoen op die PGA- en DP World-reeks om kragte saam te snoer teen die lonende “rebellereeks”, wat deur Saoedi-Arabië se openbare beleggingsfonds gefinansier word.
Koepka, voormalige wêreldnommereen, is die nuutste groot naam om sy rug op die PGA te keer. Hy sluit hom in die LIV-reeks by onder andere Louis Oosthuizen, Phil Mickelson, Dustin Johnson en Bryson DeChambeau aan.