Tom Watson, ’n tweemalige Amerikaanse Meesterskampioen, sal in April saam met Jack Nicklaus en Gary Player die eer hê om die simboliese eerste houe te slaan in dié Grand Slam-toernooi in Augusta, Georgia.
Die 72-jarige Amerikaner het die Meesters in 1977 en 1981 gewen en was drie keer die naaswenner.
Hy sal voor die eerste ronde op 7 April die toernooi help inlui.