Camilo Villegas, ’n viermalige wenner in die Amerikaanse PGA-gholfreeks, sê sy dogter sal hom inspireer wanneer hy die naweek in die Korn Ferry-uitdaagtoernooi speel.
Sy dogter, Mia, wat 20 maande oud is, het gewasse in haar brein en ruggraat waarvoor sy chemoterapie moet kry.
Sy is in Maart geopereer en word by die Nicklaus-kinderhospitaal in Miami behandel.