Die eerste toernooi in die omstrede LIV-gholfreeks begin oor minder as twee weke buite Londen in Engeland, maar dit is steeds nie seker of Louis Oosthuizen een van die “rebelle” is nie.
Dié Suid-Kapenaar is skynbaar by ’n kruispad in sy loopbaan en kan binnekort as die grootste naam in die LIV-reeks onthul word.
Oosthuizen, 18de op die wêreldranglys, sal volgens bespiegelings soos Lee Westwood, Martin Kaymer, Ian Poulter en Sergio Garcia sy rug op die DP World- en PGA-reeks keer.