’n Onderneming wat destyds deur twee oud-Springbok-rugbyspelers op die been gebring is, het sy gewig agter die Knights se krieketspan ingegooi.
Itec, onder meer ’n verskaffer van tegnologie en telekommunikasie vir kantore, is die Vrystaters se hoofborg vir die volgende drie jaar.