Brendon McCullum, hoofafrigter van Engeland se toetsspan, sê die veterane James Anderson en Stuart Broad sal in die groep vir volgende jaar se reeks om die As teen Australië ingesluit word.
Engeland se voorste paaltjievrate is op omstrede wyse in Maart vir die toer na die Wes-Indiese Eilande weggelaat.
Maar Anderson (40) en Broad (36) het met hul terugkeer beïndruk en Engeland gehelp om ses van sy sewe toetse hierdie seisoen te wen.